Thursday 18 August 2016

BOU BRÚE








BOU BRÚE


Toe sê Hy vir die verlamde man:  “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”  -  Luk. 5:24


Hierdie teks is maar een van véle wat getuig van die wonderwerkende krag van God, soos oor en oor deur Jesus bewys, en wat déúr Hom ook daar is vir óns.


Om dit te vind moet ons bid, want élke gebed is soos ‘n brug – ‘n brug van geloof wat ons bou oor elke dal van diepste duisternis.  Ons bid en ons gló in die dinge wat ons nie sien nie – ons gló in die wonderwérkende krag van God aan die werk al kán al kan ons dit nie sien nie, en Hý wat in die verborge werk, stel álles wat op die oog af verkeerd lyk, reg.


Ons bid en die brug van gebed waaroor ons loop bevry ons van álle pyn.  Dit vervang wréwel met vergífnis, háát met líéfde, en álles wat nie bydra tot ons sieleheil nie, álle kommer en sorge, verdwyn soos mís voor die son!


Hóé heerlik om so ‘n brug te kan bou oor ál die uitdagings van ons lewe – en hoe máklik!  Slegs één gebed is ál wat nodig is!


Gebed:  Ek bid en in Ú krag staan ek op, Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening /Facebook


1 comment:

Anonymous said...

Thanks! This was very helpful. I used the inflate part only to place some graphics on top of a camera preview. It works like a charm. Good luck.
Visit for More