Ons is genooi
deur Stephan Joubert |
Wat ‘n geboorteplek vir die heelal se Heer! Ek praat van
daardie eenvoudige voerbak vir diere waarin Hy grondgeraak het hier tussen
ons! En wat ‘n feestelike ontvangs! Ek praat van die herders wat daardie nag
opgedaag het as eregaste kort na Jesus se geboorte. Nee, herders was in
daardie tyd lankal nie meer helde soos in die tyd van koning Dawid nie. Hulle
was toe as so onbetroubaar beskou dat hulle nie eens in ‘n Joodse hof as
getuies toegelaat sou word nie. Nogtans verskyn hulle name heel bo aan God se
uitnodigingslys na sy Kind se feestelike aankoms hier in ons wêreld. Hule is
genooides na die nederige aankoms-saal van Jesus hier op aarde. Jy en ek ook.
Saam met die herders is ons ook aanhoorders van die engele se feesmusiek daar
bokant Betlehem. Dit vertel dat God se vrede uiteindelik hier op aarde gewen
het. En dat redding vir die wêreld aangebreek het. Jesus het gekom. Hy het
aangeland. Hoop wen. Hemelse vrede triomfeer, ook al moor mense mekaar uit en
al skakel almal alle hoop af. Kom sing saam. Daar’s hoop! Die voordeur na God
se nuwe wêreld staan wawyd oop. Jesus het dit vir jou en my kom oopmaak. Ons
kan saam met Hom feesvier. Ons kan saam met die engele sing: “Eer aan God in
die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy groot geluk en
blydskap vind.”
|
Sunday, 23 December 2018
ONS IS GENOOI!
WEES 'N STER
WEES 'N
STER
deur Martha
Smock
Elke keer as
daar 'n kindjie gebore word, is dit so asof hy net die tyd afgewag het om op
die verhoog te verskyn, om 'n ster te wees en sy rol te speel in die spel wat
die lewe genoem word.
Het jy al jóú
plek op die verhoog gevind, is jy al 'n ster of wag jy nog jou beurt af? Toe
JESUS in die wêreld gekom het, is daar 'n Ster gebore. JESUS het Sy rol geken, maar miskien weet jy
nog nie wat jou rol is nie, miskien soek jy nog jou plek, betekenis en doel in
die lewe ...
Wat is 'n
ster? Dit is 'n lig-gewer. Om jou rol op die verhoog van die lewe te
speel, moet jy 'n liggewer wees. Nie
almal kan 'n ster in 'n toneelstuk wees nie, maar ons kan almal 'n ster in ons
eie omgewing wees, ons kan almal lig-gewers wees.
Jy sê
miskien: "Ek is onbelangrik, eintlik niks om oor huistoe te skryf nie en
boonop sonder enige noemenswaardige talente", maar dit verhoed jou nóg nie
om 'n ster in jou éie kringetjie te wees nie en jy kan 'n ster in iemand ánders
se hemelruim wees, deur jou lig van geloof ómhoog te hou.
Dalk voel jy
dat jou lig nader aan 'n kers is as 'n ster, maar dis ook waar dat die gróótste
duisternis in die wêreld nie die kléinste kersie se liggie kan doof nie. Dis ook waar dat één klein kersie báie ander
kerse aan die brand kan steek sonder om self dood te gaan.
Laat *jóú*
liggie dus helder skyn vir JESUS of dit nou gloei soos 'n helder ster of soos
die klein vlammetjie van 'n kersie. Élke
lig-gewertjie is *só* belangrik vir JESUS, want óral is daar mensies wat ons
liggies nódig het om húlle pad te verlig, op pad na die Hemelhuis.
Geplaas deur: Kersfees Elke Dag /
Facebook ♡
♡†♡ Aan God
die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
Subscribe to:
Posts (Atom)