Tuesday 12 June 2018

'n Oomblik saam met GOD lei tot 'n GOEIE DAG!






'n Oomblik saam met GOD lei tot 'n GOEIE dag!


Hallo Vroue! 


Ek kan net hoor wat julle dink ... "My lewe is dol.  Ek kan nie ... kan eenvoudig nie nog één ding by my skedule voeg nie.  Nátuurlik wil ek graag meer tyd saam met God deurbring ... maar  WANNÉÉR?"

Ja, ek hoor jou en voel presies nét soos jy.  Ons hardloop van punt A na B, en ons maak elke dag keuses oor waarvoor ons tyd het en wat ons moet los.

Die waarheid is égter dat as ons aan die begin van élke dag net 'n óómblik saam met God deurbring (as jy net 'n oomblik het) dit jou dag beslis béter sal maak.

Maak dus 'n bietjie tyd om jou hart te fókus op die waarheid van God se teenwoordigheid in ÁL jou omstandighede.  Laat  *SÝ*  LIEFDE jou gedurende jou besige dag in  ÁL  jou doen en late en ál jou verhoudings lei.

'n Oomblik saam met GOD kan tot 'n onvergeetlike dag lei!


Geplaas deur Vroumensie GOD se OOGAPPEL / Facebook

 


No comments: