Monday 4 April 2016

GLIMLAG







GLIMLAG


Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  -  Job. 29:24 (OV)


‘n Glimlag is ‘n geskenk van liefde uit God se hart, óf dit nou vir ‘n vreemdeling, ‘n vriend of ‘n geliefde is.  Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor.  ‘n Glimlag is ‘n stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid.  Tot ‘n hondjie kan agterkom wanneer sy baas glimlag of bly lyk en hy reageer met die swaai van sy stert.


Ons glimlag is ‘n welkome geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ‘n lang tou moet staan en wag, wanneer ons luister  of met ander mense praat.  Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, mense se laste, hartseer en terneergedruktheid verlig en is boodskappers van Gods liefde uit Sy hart uit na ons s’n toe.


Ons glimlag is soos ‘n omhelsing wat andere teer in liefde toevou en versorg.  Daar gaan nie ‘n dag om sonder tálle geleenthede om andere te seën en vertroetel met ons glimlag nie.  Mense het al so gewoond daaraan geraak dat mense nie meer glimlag nie, dat hulle dalk stomverbaas sal wees en nie met ‘n glimlag terug reageer nie.  Maar volgende keer is hy of sy dalk die een wat weer eerste glimlag met ‘n hartseer vreemdeling.  Die seëninge wat ons so skep vorm wye sirkels, soos wanneer mens ‘n klippie in ‘n waterpoel gooi.


Ons glimlag is ‘n vrygewige gawe van God – moet dit nooit terughou nie!


Gebed:  Dankie Here, dat U vir ons die gawe gegee het om te kan glimlag en U liefde so te oordra, selfs na stuurs of onvriendelike mense toe en so met hierdie kettinreaksie  ook hulle harte te kan verander.



~ Uit Daelikse Woord ~



  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Daelikse Woord Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: