Tuesday 29 March 2016

PAASMAANDAG: LAAT LOS, LAAT GOD







PAASMAANDAG :  LAAT LOS, LAAT GOD


Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag.  -  Ef. 6:10


Was daar al óóít só ‘n voorbeeld van vólkóme geloof in GOD as dié van JESUS?  Met die dood en die kruisiging, wat op Hom gewag het, het Jesus nóg stééds gesê:  “Laat nogtans nie Mý wil nie, maar *Ú* wil geskied.”  En wát was die gevolge van Sy bereidwilligheid om Góds wil te laat geskied?  Wat staan uit soos ‘n baken van Lig bokant die marteling en kruisiging?  Die glorieryke Opstanding op die derde dag!  ‘n Ongelooflike wóndérwerk, wat betékenis gegee het aan die kruisiging!!  Deur te laat los en God te laat oorneem, het Jesus die dood en álles en álmal wat Hom aan bande probeer lê het, oorwin.


Vandág gaan ek in die voetspore van Jesus wandel deur te laat los en God te laat oorneem in álles wat my lewe aangaan.  Ek gaan nie net lees en meer leer omtrent my Heer en Meester nie, ek gaan sóós Hý, my geloof prákties toepas in my handel en wandel.


Soms moet ek tot in my díépste wese reik om die oplossings vir probleme, hartseer of liggaamlike pyn te probeer soek, om só die wýsheid en krag te bekom wat my deur die uitdagings in my lewe sal kan dra.


Om te laat los en God te laat oorneem, soos ons liefling Jesus, maak ‘n héle nuwe wêreld vir my oop!


Gebed:  Ek laat lós en God neem oor!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








No comments: