Wednesday 23 March 2016

TROOS








TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (1953 Vertaling)


In elkeen van ons behoeftes kan ons séker daarvan wees dat ons Heer van Liefde áltyd met ons is, áltyd besig om ons te troos, op te hef en te versterk, selfs in die mees uitdagendste omstandighede en al is ons nie eens bewus daarvan nie.


Die behoefte daaraan om vertroos te word, die duur en die diepte daarvan, verskil tussen elkeen van ons.  Om van ‘n geliefde geskei te word, of dit deur die dood of egskeiding is, of ‘n verhouding wat op die rotse geloop het – kan maak dat ons baie alleen en verlate voel.  So ook talle ander pynlike situasies wat ons moet deurgaan.


Maar vir élkeen van ons wat deur só ‘n moeilike tyd gaan, *ís* daar hoop, want binne-in ons is daar ál die liefde, krag en moed wat ons ooit mag nodig kry, deur God ons Vader, om ons te dra deur die diépste duisternis van verdriet heen.  Hy sal ons nóóit begewe of verlaat nie, en al verander álles om ons, Hý *ís* en bly áltyd ons konstante metgesel.  Hy lúíster na ons wanhoop – Hy vertróós ons en héél die wonde van ons stukkende hart met die hélende salf van Sý troue liefde.  Ons hoef net te luister en ons sal hoor hoe Hy vir ons sê:  “Ek is hier!”


Gebed:  In Ú liefde, Heer, vind ek wéér rus.




~ Uit Daelikse Woord ~

  Trane in God se Fles / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







No comments: