Thursday 3 March 2016

Christus in jou








CHRISTUS  IN  JOU


Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en ... jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  -  Mark. 12:30. 31


Aan jou wat ek wil seën, aan jou vir wie ek wil bid, aan jou wat ek wil help, sê ek in stilte:


“Ek sien die Christus in jou – Christus wat vertrou kan word om jou te lei op die weg wat reg is vir jou – sy weg van lig.


Ek sien sy Gees in jou, wat jou aanspoor en help, wat jou bystaan en krag gee wanneer nodig, wat jou toevou en beskerm in sy liefde, waar jy ookal mag woon of werk.


Ek sien die Christus in jou wat jou in sy krag heel en genees – ‘n hemelse krag wat jou in staat stel om op te staan en te loop, hoe erg die aanslae ookal mag wees.


Ek sien die Christus in jou wat jou in staat stel om in vrede en harmonie met ander saam te leef, omdat sy liefde in jou hart en in jou denke heers.


Ek sien die Christus in jou.  Mag jy in sy heerlikheid, liefde en lig, in staat wees om gebruik te maak van jou talente en vermoëns, want dan sal jy ‘n wenner wees!


Gebed:  Ek sien die Christus in jou.




~ Uit Daelikse Woord ~

  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!
  
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









No comments: