Saturday 5 March 2016

Vergifnis









VERGIFINIS


Al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.  -  1 Kor. 13:2


Heer van my hart, niks wil ek tog nie wees nie!  Neem U intrek in my hart, en vul dit met Ú liefde.  Gee my ‘n hart wat stil en rustig klop in U liefde, ‘n hart wat die bron is van ál die liefde en geduld en vriendelikheid wat enigiemand naby my ooit mag nodig hê.


U liefde is geduldig, U liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, nie verwaand nie.  Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.  Dit bedék alles, gló alles, verdrá alles, vergééf alles.


En dit Heer, is wat ék begeer.  Om álles te bedek, om álles te glo, álles te hoop en te verdra – hóé wonderlik geseënd sal my lewe net nie wees as ek dit kan doen nie – hoe wonderlik geseënd sal my omgewing net nie wees as ek *dit* élke dag kan doen – en in Ú liefde, kán ek!


En nou bly geloof, hoop, liefde – hiérdie drie;  maar die gróótste hiervan is die liefde.  Dankie Vader, vir hiérdie gróótse liefde van Ú in my hart, waarop ek élke dag kan steun.


Gebed:  In Ú liefde, Heer, vergéwe ek!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Vergifnis is ‘n Keuse / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: