Monday 7 March 2016

Gebed - Nina Smit - Hoe ouer ek word








Here Jesus,

Hoe ouer ek word, hoe vinniger vlieg die tyd verby.
Hoe duideliker besef ek hóé verganklik ek is
en hoe meer hinder dit my dat ek
dalk nie altyd Ú doel vir my lewe nagestreef
óf die dinge gedoen het waarvoor U my
spesiaal gemaak het nie.
Ek weet dat U ‘n besóndere taak aan my opgedra het en
dat die tyd wat ek nog oorhet kosbaar is
en optimaal benut behoort te word.
Ek wil dit van nou af graag aan die goeie dade wy
waarvoor U my bestem het.
Baie dankie vir gawes en talente wat ek van U ontvang het.
Help my om daardie gawes te gebruik om ‘n positiewe inset
te lewer in die lewe van mense wat swaar kry.
Wys my asseblief wat ek kan doen
om die lewe van ander mense te verryk
en maak my vol geesdrif en gewillig
om dié dinge te doen wat U van my vra.
Gee my ook asseblief genoeg liefde sodat
al my gawes daardeur
in ‘n sinvolle eenheid bymekaargehou sal word.

Amen


Nina Smit  :  ‘n Vonk van God




Senior Burgers is God se Kroonjuwele / Facebook








No comments: