Saturday 26 March 2016

DIE SABBATDAG 26 Maart 2016








DIE  SABBATDAG


Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. (Jesus) -  Lukas 23:43


Dóódstil was dit dáárdie Sáterdag in Jerusalem ...  Tróósteloos het die volgelinge van Jesus tuis gebly.  Sy dissipels het met gebróke harte êrens geskuil – hulle was báng!  Maar wáár was Jesus dan?  Waarom het Hý hulle nie kom troos nie??  Die Bybel sê vir ons waar Hy was:  Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!”  het Hy vir die man langs Hom gesê.  Dis wáár Jesus was tot die derde dag.  Miskien ‘n voorbereiding van die nuwe liggaam waarin Hy verder sou leef?


Stil het dáárdie dag verbygegaan, stil was Jerusalem – in sak en as sy volgelinge.  Ás hulle maar gewéét het, die Poort tot binne-in die koninkryk van God het wáwyd oop gestaan!


As hulle maar kon síén en wéét wat ons vándag weet – dat dit ‘n Meersterplan van God was wat besig was om te ontvou, en hulle net moes stil wees en wag, vir die wonder wat op hande was!sou hulle seer sékerlik opgestaan en geloop het!  Maar óns?  Ons wat die hele Plan nóú sien, wát verhoed ons om *NÓÚ* vir God dankie te sê daarvoor?  Dánkie vir Jesus, die Kóningskind, wat vir *óns* gekies het as Sý broers en susters!


Gebed:  Ú my Hemelse Jesus my broer, Heer?  Dankie, dankie, *DANKIE* daarvoor!




~ Uit Daelikse Woord ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: