Monday 7 March 2016

Genade en Liefde









GENADE  EN  LIEFDE


Ek het die Heer altyd voor oë ... Daarom is my hart bly en my tong  jubel.  -  Hand. 2:25,26


Ek lewe en beweeg élke dag in die genade en liefde van God – ek síén dit en ek vóél dit en ek sê dánkie vir die wonder daarvan!

In die sagte oë van almal wat vir my na aan die hart is síén ek dit.  In die kos wat ek eet en in my huis wat ‘n hawe van rus en vrede is, erváár ek dit.

In die líéfde en blydskap wat my siel laat sing, vóél ek dit.  En hóé diep word hierdie liefde nie, hoe gróót die blydskap, as ek stil word in gebed sáám met my Heer.

In die Here se genade, in Sy liefde wat gesê het, “Ek sal julle nooit begewe of verlaat nie,” lewe en bestaan ek.  Is daar ‘n gróter wonder as juis dit?  En dit is iets wat ek nie net vir mýself mag hou nie.

Ek *wíl* en *móét* dit deel met my naaste – ek wil hê hulle moet hierdie grootse liefde sien in my *oë* en hoor in my *wóórde*.  Ek wil graag *dít* wat ek in my díépste wese is, in my handel en my wandel élke dag weerspieël.  Help *Ú* my Heer, om die mens te wees wat ek in U is.


Gebed:  My hart is só bly want ek het my Heer áltyd voor oë.


~ Uit Daelikse Woord aangepas ~


  Jesus vra net liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: