Tuesday 22 March 2016

HOE GRÓÓT DIE VOORREG HOE DÍÉP MY DANK









HOE  GRÓÓT  DIE  VOORREG  HOE  DÍÉP MY DANK


‘n Voorreg wat God ... aan my gegee het deur sy  krag in my te laat werk.  -  Ef. 3:7


Die krag wat God aan my gee, is die krag van die Heilige Gees – die essensie van die lewe self, wat, as ek dit erken en my eie maak, my sal omskep in ‘n strálende, sterk, gesonde Ligwese.  Daar is géén negatiewe Krag wat hóégenaamd staande kan bly voor hierdie Krag wat die polsslag van die lewe sélf is nie.


Maar hóé maak ek dit my eie sodat ek só stralend gesond en sterk kan word soos wat ek is in hierdie wónderkrag van God?  Die antwoord is só eenvoudig – seën die kós wat jy eet – die wáter wat jy drink, en jy laat die léwegewende essensie wat in die kern van God is héle skepping is, vry.  Jou líggaam absorbeer dit, en jy sal hernú word tot blákende gesondheid en éwige jeug.


Maar nog méér – die stille seën omskep dit wat ons innéém in die spyse wat God ons gee – dit voed ook die síél – en ons liggaam word ‘n vólwáárdige Tempel van God, in en deur wie Sý krag en liefde en lig óngestóórd kan vloei en werk.


Gebed:  Hóé gróót die voorreg – hóé díép my dank!




~ Uit Daelikse Woord ~




  Kanker Kringetjie / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: