Saturday 26 March 2016

GOEIE VRYDAG 25 Maart 2016









GOEIE  VRYDAG


Vader, in U hande gee ek my gees.  -  Lukas 23:46


Goeie Vrydag – ‘n swart Vrydag wat ‘n goeie Vrydag geword het.  Die dag van alle dae soos daar nog nooit in die bestaan van die wêreld was nie.  ‘n Dag wat nog steeds eerbiedig word deur Christene dwarsdeur die wêreld – die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n nuwe era was.


Die dag toe God sy eniggebore Seun, Jesus Christus, gegee het om te sterf, sodat ons, die hele mensdom, deur Sý bloed van óns sondes gereinig kon word:  “ ... die bloed ... wat vir baie vergiet word tot vergewing van ons sondes.”  (Matt. 26:28)


Die dag toe Jesus, deur te sterwe, ‘n deur vir óns oopgemaak het sodat ons déúr hom dírék met God kan kommunikeer.  Dié dag toe Sý Vader ook óns Vader geword het – die dag van álle dae toe God ‘n God van Liéfde geword het.


Laat ons dan ook híér waar ons aan die voet van die kruis kniel, nie ween nie, maar ons hárte na Hom toe úíthou en die woorde van Jesus ons éie maak:  “Vader in U hande gee ek my gees – my léwe, my álles.”


Gebed:  Vader, in U hande gee ek my gees – my léwe, my álles.


Op my pad van Lig is my Redder áltyd daar!




~ Uit Daelikse Woord ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: