Saturday 12 March 2016

TROOS









TROOS


Hy verkwik my siel.  -  Psalm 23:3


Niémand kan tussen my en my Heer en Sy grote liefde kom staan nie.  Daar mag baie dinge in die lewe wees wat ek nie so mooi verstaan nie, maar één ding verstaan ek baie goed, en dit is dat ek áltyd omvou word in die liefde van Christus, dat Hy altyd daar is om my te léí en te vertróós.  As één deur in my lewe toegaan, gaan ‘n ander een oop waardeur nuwe lig en vrede my hart en lewe binne-vloei.


Ek onthou die woorde van Jesus, en rus in die vrede wat dit my bring: “Laat julle harte nie ontsteld wees nie.  Kyk, Ek is met julle al die dae.”


Dis Hý en ek, elke dag sý aan sý in my lewe.  Al gaan ek ook deur dónker dieptes, Hy is bý my – na waters waar rus is, lei Hý my stadig maar séker heen.  Net dié wete dat ek nóóít alleen is nie, dat Hy te álle tye en onder álle omstandighede bý my is, vul my met núwe moed en krag!


Die vrede wat ek in my stil tye by Hóm vind, verkwik my siel.  My liggaam en gemoed is kálm en rústig, en híérdie kalmte en rus verlaat my níé in my tye van nood nie.


Gebed:  My Heer verkwik my siel!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Trane in God se Fles / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: