Tuesday 8 March 2016

Leun op My









LEUN  OP  MY


Kom na My toe ... Ek sal julle rus gee.  -  Matt. 11:28


Die boodskap wat Ek vandag vir julle wil gee – wat julle in jul hart moet ínbrand en as stok en staf moet gebruik dwarsdeur hierdie nuwe dag en élke dag van jul lewe, is, *Leun op My*, want as julle *dit* doen, sal My krág julle dra, My líéfde julle vertroos en My líg julle lei, elke oomblik van *elke* dag!


En as julle op My leun, as julle My liefde ook die liefde in julle hart maak, is Ek in staat om andere só *deur* julle te seën.  Kyk om julle, en seën jul medemens met krag indien hulle gebroke langs die pad sit;  met liefde indien hulle eensaam en God en mens verlate voel, en met lig indien hulle die pad byster geraak het, totáál verlore in die rigtinglose paaie van ‘n lewe sonder lig.  Lig, liefde en krag, die drie diamante wat Ek julle gee – gebruik dit.  Wees ‘n seën, en julle sál geseënd wees.


My geliefde kind, onthou, dis Ek en jy – dis die vreemdeling langs die pad, dis die soekende siel.  Dis die verwarde mens.  Dis die geteisterde land en deurmekaar wêreld wat jou gebede en ons hulp so bitter nodig het.  Jy kan!  Leun net op My.  My liefde is genoeg vir jou en almal om jou!


Gebed:  Ek wil, Heer, ek wil!  Ek leun op U!




~ Uit Daelikse Woord ~



Trane in God se Fles / Facebook







No comments: