Tuesday 8 March 2016

Gebed - Nina Smit - Toekomsblik








Hemelse Vader,


U weet dat ek baie wonder, en soms bang is
oor wat die toekoms vir my mag inhou.
Soms wens ek dat ek net so ‘n vinnige kykie
in die toekoms kan kry.
Soms kan ek nie help om my te bekommer
oor wat vir my mag voorlê nie.
Vergewe my asseblief vir hierdie mosie van wantroue in U,
want ek weet mos reeds dat my toekoms séker is by U.
Al weet ek dalk nie vandag presies wat met my sal gebeur nie
weet ek wel dat U vir my in die toekoms sal onderneem:
dat U vir my ‘n nuwe toekoms waarborg
dat ek eendag na my dood vir áltyd by U in die hémel sal wees
en dat U daar alles vir my nuut sal maak
en vir altyd ‘n einde sal maak
aan die dinge wat vir my moeilik is hier op die aarde.
Baie dankie dat U in die toekoms vir altyd by my sal wees
dat U al die trane van my oë sal afdroog
en dat ek U dáár van aangesig tot aangesig sal sien.


Amen



Nina Smit  :  ‘n Vonk van God




God se Spierwit Klippies / Facebook



No comments: