Thursday 10 March 2016

Vergewe








VERGEWE


Toe sê Jesus:  “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”  -  Luk. 23:34


‘n Onwilligheid om te vergewe, dra by tot disharmonie tussen mense.  Laat ons dus onmiddelik ontslae raak van elke greintjie van onvergewensgesindheid.  Vergifnis – vir onsself en vir andere, maak ons vry om vol en ryk lewens te geniet.


Om te vergewe beteken dat ek in harmonie met Gods liefde en lig werk, wat dit wat verkeerd is, regstel, wat elke toedstand heel en elke mens weer op sy voete plaas.  As ek begryp dat elke mens maar net dit doen wat vir hom reg lyk, is dit vir my maklik om alles te los en God te laat oorneem.  Ek weet dat alles sal regkom waar Hy in beheer is.  Ek is vry van enige kommer.


Hierdie nuutgevonde vryheid is opwindend.  Die hele wêreld en alles daarin kry vir my nuwe betekenis.  Ek is vry om die seëninge wat daagliks op my uitgestort word, raak te sien, te waardeer en dankie te sê daarvoor.  Vergifnis maak my na gees, siel en liggaam vry – heerlik vry!  Ek behou hierdie vryheid as ek bereid is om steeds te vergewe en te vergeet.



Gebed:  Ek vergewe en is heerlik vry!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Vergifnis is ‘n Keuse / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: