Saturday 19 March 2016

Waarom ek bid







WAAROM  EK  BID


Dit is God wat in julle werk.  -  Filip. 2:13 (OV)


Vandag bid ek, en soos die bome wat so kaal en dor in die winter staan, en tog, in die kern van hul stam met magtige werke besig is, al kan ons dit nie sien met ons menseoog nie, so is die werke van God ook in my en in almal wat saam bid.


Ek bid, want ek gló in die krag van gebed wat die krag van God vrylaat.  ‘n Krag so stil en sonder basuingeskal, maar tog sterk genoeg is om ‘n roering in die plante om ons te laat plaasvind ter voorbereiding van nuwe stralende lewe in die lente, wat voëltjies laat sing en diere laat huppel!


Dis die lewegewende essensie van Gods krag wat alles, ook vir ons, weer jonk en nuut kan maak, wat ons land weer jonk en mooi en nuut kan maak, en ons wêreld kan red uit die haat en nyd en lis wat al so die oorhand begin kry het.


Dis waarom ek bid.


Gebed:  Ek bid en God werk in my!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: