Tuesday 15 March 2016

Gee en ontvang









GEE  EN  ONTVANG


Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief.  Julle moet in my liefde bly.  -  Joh. 15:9


Die proses van gee en ontvang mag soos twee afsonderlike aktiwieite lyk wat niks met mekaar te doen het nie.  Die waarheid is egter dat albei nodig en belangrik is in die deel en verspreiding van Gods seëninge.


Ons mag byvoorbeeld baie graag gee, maar ongemaklik voel wanneer andere weer aan ons iets wil gee.  As dit die geval is, moet ons net onthou om te kan gee, daar altyd iemand moet wees wat ontvang.


Aan die ander kant mag dit vir ons baie moeilik wees om te gee.  Dan moet ons net oppas dat ons nie versmoor word onder allerhande rommel nie.  Ons mag selfs traag wees om ons liefde teenoor andere te betoon, totdat die vloei daarvan uiteindelik totaal geblok is.


As ons die goeie wat ons ontvang egter teruggee aan die wêreld, sal al hoe meer seëninge ons lewens binnevloei en uitvloei.


Met ‘n dankbare hart en oop gemoed gee en ontvang ons in oorvloed.


Gebed:  Ek gee met liefde en ontvang met dank.




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: