Monday 18 April 2016

Troos









TROOS


Die Gees van die waarheid … julle ken Hom, omdat Hy by julle bly.  -  Joh. 14:17


Soms mag twyfel, verwarring en selfs wanhoop, my totáál oorweldig.  Maar deur ál hierdie ellendes heen is daar altyd één ding wat soos ‘n paal bo water bly staan, en dit is die feit dat die wónderlikste Trooster van álle troosters, áltyd bý my is – trouens Hy woon binne-in my!


Hóé groot is hierdie wonder net nie!  Hóé gróót die seën! Nóóit ooit is ek alleen nie.  Só ná-aan my is Hy dat ek maar net my hand hoef uit te steek om in ál Sy liefde en krag toegevou te word.


Die tye van wanhoop wat my soms tref, is ook die tye wánneer ek hierdie Teenwoordigheid die heel meeste waardeer.  Sy liefde is soos hélende balsam vir my gebróke hart;  Sý krag hef my op en maak dit vir my moontlik om wéér normal aan te gaan met my lewe.  In my uur van nood, leer hierdie gróótse Trooster my meer omtrent die liefde van God vir my, Sý kind.


Ook wanneer dit goed gaan met my, onthóú ek om daagliks te handel en wandel in die krág van die Héílige Gees.


Gebed:  Dankie dat Ú Heilige Gees my vertroos en ophef.



~ Uit Daelikse Woord ~



Trane in God se Fles / Facebook




1 comment:

Cheap essay writing service said...

A good reading can happen from here. I love to read always. My hobby is reading and writing. Writing more and become a part of any good essay writing service is a great practice to write well as well as for a good reading also.