Tuesday 21 June 2016

GOD MET MY









GOD  MET  MY


Want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.  -  Jos. 1:9 (OV)


God is mét my as *krág*.  Sy léwenskrag pols in my hart en vloei deur my are, en my liggaam word dáárdeur genéés, hernú en verstérk.  Ek is vúl energie en léwenslus!


God is mét my as *líéfde*.  Sy líéfde vúl my hart. Dit vloei déúr my en skep hármonie tussen my en álmal en álles wat my lewe aangaan.  Wýer en wýer kring hierdie ongelooflike liefde uit, tot seën van my gelíéfdes en tot seën van my wêreld.


God is mét my as *líg*.  Sy líg skyn hélder in my denke, en seën my brein met lig-gedagtes en die intelligensie om die lig-gedagtes te omskep in lig-idees wat ek kan toepas in my lewe, om só ook mý deel te doen om sý Plan van Liefde en Lig vir die aarde te laat seëvier.


Met my Héér aan my sy is ek ‘n wénner op élke gebied van my lewe – ‘n wáre kind van die lig só nodig op hiérdie aarde vandag, waar duisternis en wanorde só hard probeer om die oorhand te kry.


Dánkie, Heer van my hart, dat *Ú* elke sekonde mét my is!


Gebed:  *Ú* en ek Heer, tesame is ons ‘n wenspan!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook








No comments: