Friday, 29 July 2016
KIND VAN DIE LIG
KIND VAN
DIE LIG
Ek
het gekom ... om die wêreld te red.
- Joh. 12:47
Geliefde kind van die lig – wandel in My lig, en Ék
wandel saam met jou, met ál My lig, My liefde en krag daar vir jou. Sag en teer neem Ek jou hand in Mýne, en ...
My lig raak jou brein aan met éíndelose wysheid. My liefde raak jou hárt aan met
allesomvouende déérnis.
My krag raak jou léwe aan met allesoorwinnende krag, en
My wens is dat jy hierdie wýsheid, hierdie líéfde en hierdie krág op élke
gebied van jou lewe ten vólle sal uitleef.
Vra Ek nou té veel my liewe kind? Onthóú My Lig en Liefde en Krag is al so ‘n déél
van jou, dat *dít* wat Ek nóú vra nie buite jou bereik is nie! En *hóé* bly-gelukkig sal jy My maak as jy *híérdie*
verlange van My ernstig opneem, want *só* kan híérdie deurmekaar stukkende
wêreld van julle nóg gered word!
Gebruik my Líg in jou denke, gebruik my Líéfde in jou
hart en my Krág in jou werke, en Ék sal jou waarlik nóóit begewe óf verlaat
nie. Slegs één gebed, en jy is bý My!
Gebed: Dankie, dierbaarste Heer! Ek sal wees wat *Ú* wil hê ek moet wees *ín*
U!
~
Daelikse Woord ~
Koningsdogters
vir Jesus Bediening / Facebook
Saturday, 9 July 2016
PYN IS NIE STRAF NIE
PYN IS
NIE STRAF NIE
Dag ná dag dra GOD
ons. Hy is ons hulp te alle tye. Genade trek ‘n streep deur die gedagte dat
lyding die gevolg van sonde is. God is
nie die oorsaak van ons lyding nie. Ook
word ons nie gestraf deur pyn nie. Die
wonderwerk van die blinde man wat genees is, het ‘n boodskap vir ons: Jesus kan deur en te midde van ons lyding
verheerlik word. - Sarah Jane Wessels
“Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy
ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal
kan word.” - Johannes 9:3
Inspirasies
vir Vroue wat Glo Twee / Facebook
GENEES
GENEES
Hy het
hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak.
- Psalm 107:20
HEER, net die noem van u NAAM, vul my met núwe lewenskrag. *Ú* Naam weerklink deur my siel en liggaam,
en elke sel ontwaak tot Ú heilige teenwoordigheid in my.
By *Ú is daar léwe en hérlewing! As ek aan Ú dink, en hoe U in der waarheid
hierdie liggaam as U tempel gebruik, vul ‘n ongekénde vreugde en dank my hárt
en síél. Is dit nie wónderlik dat slegs
één woord, één gedagte aan *Ú*, só ‘n herlewing tot gevolg kan hê nie! Ek besef nou weer opnúút hoe gróót die
helende krag van gedagtes en woorde is.
Dánkie, Vader, vir Ú lewe wat *ín* en *déúr* my straal –
vir *Ú* krag wat héél en genéés en my vúl met núwe, strálende, energie en léwenslus.
*Ú* krag werk nou *ín* en *déúr* elke sel en atoom van my
héle wese, *Ú* liefde skep samewerking en harmonie tussen elke spier en orgaan
in hiérdie liggaam, en in *Ú* lig staan ek op – ‘n hélder strálende gesonde
kind van die lig, tot *Ú* eer en verheerliking!
Gebed: Dankie, Vader, in Ú krag is ek gesond en
sterk!
~
Uit Daelikse Woord ~
Koningsdogters
vir Jesus Bediening /Facebook
Subscribe to:
Posts (Atom)