Friday 29 July 2016

KIND VAN DIE LIG








KIND  VAN  DIE  LIG


 Ek het gekom ... om die wêreld te red.  -  Joh. 12:47

  
Geliefde kind van die lig – wandel in My lig, en Ék wandel saam met jou, met ál My lig, My liefde en krag daar vir jou.  Sag en teer neem Ek jou hand in Mýne, en ...
My lig raak jou brein aan met éíndelose wysheid.  My liefde raak jou hárt aan met allesomvouende déérnis.
My krag raak jou léwe aan met allesoorwinnende krag, en My wens is dat jy hierdie wýsheid, hierdie líéfde en hierdie krág op élke gebied van jou lewe ten vólle sal uitleef.
Vra Ek nou té veel my liewe kind?  Onthóú My Lig en Liefde en Krag is al so ‘n déél van jou, dat *dít* wat Ek nóú vra nie buite jou bereik is nie!  En *hóé* bly-gelukkig sal jy My maak as jy *híérdie* verlange van My ernstig opneem, want *só* kan híérdie deurmekaar stukkende wêreld van julle nóg gered word!


Gebruik my Líg in jou denke, gebruik my Líéfde in jou hart en my Krág in jou werke, en Ék sal jou waarlik nóóit begewe óf verlaat nie.  Slegs één gebed, en jy is bý My!



Gebed:  Dankie, dierbaarste Heer!  Ek sal wees wat *Ú* wil hê ek moet wees *ín* U!


~ Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook







No comments: