Sunday 16 April 2017

DIE SABBATDAG







DIE  SABBATDAG


Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.  (JESUS) -  Lukas 23:43


Dóódstil was dit dáárdie Saterdag so lank gelede in Jerusalem.  Troosteloos  én hartseer het die volgelinge van Jesus tuis gebly en droewig getréúr oor Hom.  Sy dissipels het met gebroke harte êrens geskuil – hulle was báng!  Hulle het nie geweet wát dalk op húlle kon wag nie ...  Vir hulle moes hierdie dag, die dag tússen die kruisiging en die opstanding, die einde van álles beteken het ... Maar wáár was Jesus dan?  Wáárom het Hy hulle nie kom troos nie?  Die Bybel sê vir óns waar Hy was:  “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!” het Hy vir die man op die kruis langs Hom gesê.  Dít is wáár Jesus was tot die derde dag. Miskien ‘n voorbereiding van die nuwe liggaam waarin Hy verder sou leef?  Mín het hulle geweet dat *dít* eintlik die vóóraand van ‘n núwe begin was, die *begín* van ‘n heel núwe fase in hul lewens  wat gewag het op die ópstánding van hul Heer en Meester!


Stíl en sómber het die dag verbýgegaan, Jerúsalem was stil – álmal wat Hom só liefgehad het, was in sák en ás.  As hulle maar net kon wéét,  dat die Poort tot binne-in die koninkryk van God het wawyd oop gestaan!


As hulle maar kon síén en weet wat ons vándag weet – dat dit  ‘n Méésterplan van God was wat besig was om te ontvou ...  Wees stíl en wág, die wónder is op hande!!!


Maar wat nou van óns???  Óns wat die héle volmaakte Plan hélder en dúídelik voor ons sien ... wát verhoed *óns* om  dánkie vir sê vir Jesus sónder ophou en ons harte *vir ewig* aan Hóm toe te vertrou???  Dít is wat God wil hê ons moet doen en van ons *verwág*!  Maar doen ons dit ...... ??


Dánkie-Dánkie-Dánkie vir ‘n Koningskind wat vir óns gekies het as Sý broers en susters!!!!


Gebed:  Dierbare Jesus *Ú* mý broer Heer??? Dánkie!  Dánkie!  Dánkie!  Neem *Ú* nou mý hart, was dit vlékkeloos skoon en rein, geskik vir  *Ú* om virewig daarin te woon!!!!  Amen


~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus/Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1305646022851767/?type=3&theater






No comments: