Sunday 16 April 2017

EK JUIG







EK  JUIG


Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie wonderskone en vreugdevolle dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Koning te wees.

Ek juig, want geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem is te groot nie en ek staan op in die lig, liefde en krag van God my Hemelse Pappa en Jesus my Hemelkoning.


Jy is MÝNE / Facebook





No comments: