Wednesday, 23 August 2017

GENADE




GENÁDE


Waar liefde is, is daar geen vrees nie ...  Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.  -  1 Joh. 4:18, 19


Waar liefde, is daar geen vrees nie, sê die teks hierbo.  Wáárom?  Omdat, waar líéfde is, daar is genáde.  Dit is liefde in die hart van die mens wat hom genade laat betóón teenoor 'n ander wat hóm te na gekom het.  Hóéveel groter is die liefde van God dan net nie vir óns, sy mensekinders, nie - hoeveel gróter sy genade nie!!  En nóóit kan ons van híérdie wonderbare genade geskei word nie!


Hierdie gróótse genade, gegrond op Sý liefde, is daar vir *álmal*.  Dit hang net van *óns* af of ons dit gaan áánvaar of nie - ons hoef Hom maar net aan te roep, en Sý genade is daar vir ons.  Jesus het daarna verwys met die woorde: "Ek is die brood wat lewe gee.  Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie."  Ons hoef maar net te kom - *géén* dít  ÓF as dát nie - en Hy is dáár, vir áltyd en áltyd!


Héér van my hart, help my om nóóit die wónder van *Ú* genade en liefde te vergeet nie.  Élke dag, élke uur, *wíl* ek en *sál* ek van nou af wandel in U grote líéfde en genáde!


Gebed:  In *Ú* liefde en genade, dierbaarste Heer, wil ek van nóú af wandel van dag tot mooie dag. Hou U my vas en help my daarmee.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus se Kaalvoetkind Bediening / Facebook


https://www.facebook.com/JesusSeKaalvoetkindBediening/photos/a.631957376827288.1073741832.628144530541906/1630193127003703/?type=3&theater




 


Friday, 14 July 2017

NOMMER EEN










NOMMER  EEN
deur Carolyn Larsen


Jy mag naas My geen ander gode hê nie.  -  Eksodus 20:3



Die eerste gebod wat GOD gegee het, is dat *Hý* Nommer Een in ons lewe wil wees.  Hy wil dáárdie plek met *níks* of  *níémand* anders deel nie.  Die éérste stap in gehoorsaamheid aan GOD is om Hóm belangriker te maak as familie, vriende, gewildheid óf goeie mikpunte wat jy bereik, roem of geld, of enige iets anders.  Jy kan *níé* vir GOD én iets anders dien nie!


Jy kan *sê* GOD is jou Nommer Een en jou vríénde en jou óúers dit laat glo.  Jy kan jouself dalk óók om die bos lei, maar vir GOD kan jy *nóóit bluf nie.  HÝ sien jou *hart* en Hy wéét wat jý die belángrikste maak in jou lewe.  Vrá Hom om die ánder dinge weg te neem uit jou hart, sodat jy vir HÓM die ereplek kan gee – dan sal alles in jou lewe ook in plek val!


Vader, sjoe, dit is moeilik!  Wýs asseblief vir my watter ding ek op die troon van my hart laat sit.  Wys my *hóé* om dit minder belangrik te maak, sodat *Ú* Nommer ÉÉN kan wees in my lewe.  Dánkie kosbare Vader in JÉSUS pragtige NAAM.  Amen


https://www.facebook.com/JesussedogterkindJesusgirl/photos/a.281437075311844.63691.281332555322296/1361339427321598/?type=3&theater





 

Tuesday, 6 June 2017

Mamma

My liefste kinders,

Al is ek party dae haastig
Soms bietjie kwaai
Wil ek hê julle moet weet
Ek het julle liewer as wat julle ooit kan raai
~~
Julle is belangrik, geliefd,
Onbeheersd en sonder weerga
Die hele nag en dag
Die hartseer tye,
En veral as julle lag
~~
Julle is die belangrikste mense in my lewe
My hart se punt
NIKS kan my liefde vir julle stop of keer
Oneindig en sonder ophou
Ek sê dit weer en weer
~~
Mamma hoop dat julle gelukkig is
Gelukkig sal wees
Dat ons ‘n goeie verhouding sal hê
Met geen geheime vir mekaar nie
Dat julle vir my enige iets kan sê
~~
Ek bid vir julle toe
Liefde
Sukses in jul lewens-pad
Lewe in oorvloed
En ‘n omgee-hart
~~
Ek weet julle moet self die lewe lewe
Julle lewe, nie myne nie
Ek sal met liefhê-woorde probeer lei,
Sodat julle elke spoor selfstandig kan trap,
En probeer om julle vir die lewe voor te berei
~~
Onthou altyd
Mamma is maar net ‘n mens
Met foute, al probeer ek hoé hard
Julle is altyd die belangrikste vir my
En ek doen my bes, alles met liefde in my hart!

Met al my liefde,
Julle Mamma

(Skrywer Onbekend aan my)

https://www.facebook.com/mammamummy/photos/a.1911656785786125.1073741828.1911619695789834/1922399008045236/?type=3&theater

Wednesday, 17 May 2017

TRANE






TRANE


DIE OPENBARING 21:4  Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”


God sien jou trane.  Soos enige liefdevolle ouer is dit nie vir Hom lekker om te sien hoe swaar jy kry nie.  Hy wil jou vandag troos.  Hy wil weer daardie pragtige glimlag van jou sien.


Kom sit hier by Sy voete en praat jou hart uit.  Al is Hy ‘n alwetende God, wil Hy steeds hoor dat jy Hom vertrou deur in afhanklikheid jou hart teenoor Hom uitstort.  Wanneer hartseer gedeel word, halveer dit.  Die las word ligter en jy kry perspektief op die aangeleentheid.


Droog nou jou trane af en kyk die lewe in die oë.  Jy kan aangaan, want God gee jou die krag om voort te gaan.  En as die hartseer jou weer pak,...dis in orde.  Kom huil maar weer ‘n bietjie by Hom.


Trane was die gemoed, dit suiwer die siel.


#GerhardFourie
#MyVriend
#WWJDdagstukkie


Geplaas deur: 

https://www.facebook.com/309808389162337/photos/a.310507495759093.1073741827.309808389162337/1231534853656348/?type=3&theater







 


Sunday, 16 April 2017

EK JUIG







EK  JUIG


Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie wonderskone en vreugdevolle dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Koning te wees.

Ek juig, want geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem is te groot nie en ek staan op in die lig, liefde en krag van God my Hemelse Pappa en Jesus my Hemelkoning.


Jy is MÝNE / Facebook