Sunday 24 May 2015

DIE REGTE PLEK





Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en liefhet ... Moenie bang wees nie, Ek is by jou.  -  Jes. 43:4-5


Wat ‘n heerlike gedagte!  God het my lief – net soos ek is, net hier waar ek nou is!  In my lewe was ek al op baie verskillende plekke, en het ek al baie dinge beleef.  Nuwe ervaringe sal my nog verder neem op my lewenspad.  Ek is nie daarvoor bang nie, want ek wéét dit wat ek ervaar stem ooreen met die geestelike vlak wat ek alreeds bereik het as kind van God.  Hoe nader ek aan Hom beweeg, hoe meer sien Hy na my om op élke gebied van my lewe.

Met Hóm aan my sy is ek áltyd op die regte plek, ‘n plek wat ek met vriende en medewerkers deel, ‘n plek wat bydra tot my verdere geestelike groei.  Die kamer waarin ek woon, die woonstel of huis, is vir my ‘n aangename tuiste, omdat ek dit deel met Hom wat in die begin van my lewe vir my gesê het: “Ek en jy!”

Hy sien my met die oë van liefde, en ek ontspan en vou myself toe in hierdie hoë visie wat Hy van my het.


Gebed:  Ek is op die regte plek, omvou in die liefde van my Heer.


~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige , alleen die eer!



No comments: