Sunday 24 May 2015

Wierook van Christus





Here,

Wanneer ek na my eie lewe kyk,
is daar so weinig van u liefde,
verdraagsaamheid, geduld, gehoorsaamheid
en gebedsvertroue sigbaar.
Ek doen so min om die kennis van
u evangelie na ander te versprei.

Ek is jammer dat my wierook ter ere van U
meestal so flou is dat die meeste mense
dit sekerlik nie eens kan agterkom nie.
Sal U my nie asseblief help om van nou af
werklik hard te probeer om
‘n geur tot eer van U te wees nie?

Here, help my om so te lewe
dat ek in alles wat ek sĂȘ en doen
al hoe meer soos U sal word
sodat die geur van Christus die mense sal
bereik met wie ek elke dag te doen kry.

Amen

Nina Smit Versameling : Veilig in God se Hand / In God se Omhelsing


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige , alleen die eer!

No comments: