Ons is genooi
deur Stephan Joubert |
Wat ‘n geboorteplek vir die heelal se Heer! Ek praat van
daardie eenvoudige voerbak vir diere waarin Hy grondgeraak het hier tussen
ons! En wat ‘n feestelike ontvangs! Ek praat van die herders wat daardie nag
opgedaag het as eregaste kort na Jesus se geboorte. Nee, herders was in
daardie tyd lankal nie meer helde soos in die tyd van koning Dawid nie. Hulle
was toe as so onbetroubaar beskou dat hulle nie eens in ‘n Joodse hof as
getuies toegelaat sou word nie. Nogtans verskyn hulle name heel bo aan God se
uitnodigingslys na sy Kind se feestelike aankoms hier in ons wêreld. Hule is
genooides na die nederige aankoms-saal van Jesus hier op aarde. Jy en ek ook.
Saam met die herders is ons ook aanhoorders van die engele se feesmusiek daar
bokant Betlehem. Dit vertel dat God se vrede uiteindelik hier op aarde gewen
het. En dat redding vir die wêreld aangebreek het. Jesus het gekom. Hy het
aangeland. Hoop wen. Hemelse vrede triomfeer, ook al moor mense mekaar uit en
al skakel almal alle hoop af. Kom sing saam. Daar’s hoop! Die voordeur na God
se nuwe wêreld staan wawyd oop. Jesus het dit vir jou en my kom oopmaak. Ons
kan saam met Hom feesvier. Ons kan saam met die engele sing: “Eer aan God in
die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy groot geluk en
blydskap vind.”
|
Sunday, 23 December 2018
ONS IS GENOOI!
WEES 'N STER
WEES 'N
STER
deur Martha
Smock
Elke keer as
daar 'n kindjie gebore word, is dit so asof hy net die tyd afgewag het om op
die verhoog te verskyn, om 'n ster te wees en sy rol te speel in die spel wat
die lewe genoem word.
Het jy al jóú
plek op die verhoog gevind, is jy al 'n ster of wag jy nog jou beurt af? Toe
JESUS in die wêreld gekom het, is daar 'n Ster gebore. JESUS het Sy rol geken, maar miskien weet jy
nog nie wat jou rol is nie, miskien soek jy nog jou plek, betekenis en doel in
die lewe ...
Wat is 'n
ster? Dit is 'n lig-gewer. Om jou rol op die verhoog van die lewe te
speel, moet jy 'n liggewer wees. Nie
almal kan 'n ster in 'n toneelstuk wees nie, maar ons kan almal 'n ster in ons
eie omgewing wees, ons kan almal lig-gewers wees.
Jy sê
miskien: "Ek is onbelangrik, eintlik niks om oor huistoe te skryf nie en
boonop sonder enige noemenswaardige talente", maar dit verhoed jou nóg nie
om 'n ster in jou éie kringetjie te wees nie en jy kan 'n ster in iemand ánders
se hemelruim wees, deur jou lig van geloof ómhoog te hou.
Dalk voel jy
dat jou lig nader aan 'n kers is as 'n ster, maar dis ook waar dat die gróótste
duisternis in die wêreld nie die kléinste kersie se liggie kan doof nie. Dis ook waar dat één klein kersie báie ander
kerse aan die brand kan steek sonder om self dood te gaan.
Laat *jóú*
liggie dus helder skyn vir JESUS of dit nou gloei soos 'n helder ster of soos
die klein vlammetjie van 'n kersie. Élke
lig-gewertjie is *só* belangrik vir JESUS, want óral is daar mensies wat ons
liggies nódig het om húlle pad te verlig, op pad na die Hemelhuis.
Geplaas deur: Kersfees Elke Dag /
Facebook ♡
♡†♡ Aan God
die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
Tuesday, 27 November 2018
Wednesday, 21 November 2018
DIE GEHEIM
DIE GEHEIM
uit Daelikse
Woord
Die
koninkryk van God is BINNE-IN julle.
- Luk. 17:21 (OV)
Gíster nog
het mense na my gekyk en gewonder wáárom ek dan so héérlik gelukkig en bly is,
en dan mag hulle dalk vir my vra: "Wát het jy wat ék nie het nie, om die
lewe vir jou só mooi en aangenaam te maak?"
En dán sal
ek antwoord: "Dit wat ek het, het jy óók, liewe Jesuskind. Soek daarvoor in jou gedágtes - soek dit in
jou hárt, en jy sál dit vind! Dit is
daar vir elkéén wat leef vanuit Góds Koninkryk, en Hý wat woon ín jou hart, sal
jou híérdie wonder-koninkryk binne-lei.
Vind die Líg
in jou diepste wese en jou síél sal begin leef.
Vind die Líéfde
diep verborge in jou hárt, en jou siel sal begin gee.
Vind die Krág
van Hom wat woon in jou hárt, en met 'n lied in jou hart sal jy ontwaak en word
wíé jy werklik is, soos die saadjie in die grond wat ontwaak om te word wat hy
is, en jy sal uit jou siel uit gee dit wat jy hét om te gee. Wonder-vrugte vanuit 'n wonder-koninkryk -
dit is wat jy sal gee so ver jy gaan. En
andere sal ook wonder waarom jy dan so gelukkig is."
Gebed: Met Ú
in my en ék in U - watter ongelóóflike geheim wat deur mý blydskap nou aan álmal
verkondig word, sodat hulle kan hóór en wéét waar hulle ook vir Ú kan gaan soek
kosbare Heer.
Geplaas deur: Koningsdogters- en
Seuns vir JESUS / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
Thursday, 15 November 2018
MY OPDRAG
MY OPDRAG
uit Daelikse
Woord
Wat julle
ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here. - Kol.
3:23
Verwag ons
om 'n groot én moeilike opdrag te ontvang wanneer ons bid: "Híér is ek HERE, gebruik my"? Dis nogal 'n verassing om te ontdek dat die Here
ons nodig het, nét-dáár waar ons is,
besig met elke-dagse-roetine-takies.
"Híér is ek HERE, gebruik my."
Gebruik my voete om te gaan waar Ú wil
hê ek moet gaan.
Gebruik my oë om te sien wat Ú wil hê
ek moet sien.
Gebruik my ore om te hoor wat Ú wil hê
ek moet hoor.
Gebruik my verstand sodat ek Ú
gedagtes sal dink.
Gebruik my hart om Ú liefde uit te
straal.
Gebruik my stem om woorde van
vriendelikheid en medelye uit te spreek.
Gebruik my hande om op enige manier en
op enige plek te dien soos Ú beveel.
Gebruik my om Ú te verheerlik. Neem my lewe en laat dit U éie wees.
"Híér is ek HERE, gebruik my."
Gebed:
Dánkie Heer van my hart dat U my nodig het en kan gebruik nét soos ek
is. U verlang nie van my láng gebede of hoë woorde en dramatiese vertonings
wanneer ek met U praat nie, want ek is maar net gewoonweg Ú eie kind wat vir U ópreg
uit my hart uit liefhet en hártswoorde uit my hart met U spreek, soms net deur
'n fluistering of 'n woordlose gebed.
Soms net 'n énkele woord of twee. Dankie dat Ú my Hémelse Pappa is wat my só
goed verstaan. Amen.
Geplaas
deur: Koningsdogters- en Seuns vir JESUS
/ Facebook ♡
♡†♡
Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
Friday, 2 November 2018
BAND VAN GEBED
BAND VAN
GEBED
uit Daelikse
Woord
Hou U liefde
oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.
- Ps. 33:22
Hoe ónbeskryflik gróót en díép is die vrede wat deur my vloei
wanneer ek alleen op 'n stil plek, my díépste heiligdom van krag, binnegaan en
my Heer daar ontmoet waar Hy altyd getrou vir my wag. Dis die lied van my siel, wat gedurende sulke
heilige oomblikke saam met Hom, sovéél vrede in my hart bring. Stíl en óntspanne sit ek rustig by Sy voete in
Sý heilige teenwoordigheid.
Ek is bewus
daarvan dat 'n Ligkring van ál God se kinders dwarsoor die wêreld óók saam met my bid. Hand aan hand staan ons vás in gebed en ons gebede smelt saam in 'n krágtige stroom, wat ons almal so tesame skep.
Dis 'n verblíndende, hélder straal van lig wat opstyg tot
God se troon, en 'n krag ten góéde opwek wat 'n mágtige, pósitiewe verandering in ons lewens én in die wêreld tot gevolg het. Uit 'n hart van liefde bid
ons saam, en omvóú ons die hele wêreld met gedagtes wat
líéfde en líg bring. Gedagtes wat ligbring-liefde
uitstuur aan élkeen, tot redding van ons land én sy mense - tot redding van die héle mensdom en wónderwerke laat geskied.
Gebed: Dánkie Heer, dat ons te enige tyd tot U kan bid, sáám met U kinders dwarsdeur die wêreld en Ú heilige teenwoordigheid kan aanvoel. Dankie Jesus. Amen.
Geplaas deur: Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
♡
♡†♡
Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
Subscribe to:
Posts (Atom)