Wednesday 21 November 2018

DIE GEHEIM






DIE  GEHEIM
uit Daelikse Woord


Die koninkryk van God is  BINNE-IN  julle.  -  Luk. 17:21 (OV)


Gíster nog het mense na my gekyk en gewonder wáárom ek dan so héérlik gelukkig en bly is, en dan mag hulle dalk vir my vra: "Wát het jy wat ék nie het nie, om die lewe vir jou só mooi en aangenaam te maak?"
En dán sal ek antwoord: "Dit wat ek het, het jy óók, liewe Jesuskind.  Soek daarvoor in jou gedágtes - soek dit in jou hárt, en jy sál dit vind!  Dit is daar vir elkéén wat leef vanuit Góds Koninkryk, en Hý wat woon ín jou hart, sal jou híérdie wonder-koninkryk binne-lei.
Vind die Líg in jou diepste wese en jou síél sal begin leef.
Vind die Líéfde diep verborge in jou hárt, en jou siel sal begin gee.
Vind die Krág van Hom wat woon in jou hárt, en met 'n lied in jou hart sal jy ontwaak en word wíé jy werklik is, soos die saadjie in die grond wat ontwaak om te word wat hy is, en jy sal uit jou siel uit gee dit wat jy hét om te gee.  Wonder-vrugte vanuit 'n wonder-koninkryk - dit is wat jy sal gee so ver jy gaan.  En andere sal ook wonder waarom jy dan so gelukkig is."


Gebed: Met Ú in my en ék in U - watter ongelóóflike geheim wat deur mý blydskap nou aan álmal verkondig word, sodat hulle kan hóór en wéét waar hulle ook vir Ú kan gaan soek kosbare Heer.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!








 


No comments: