Friday 2 November 2018

BAND VAN GEBED






BAND  VAN  GEBED
uit Daelikse Woord


Hou U liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.  -  Ps. 33:22


Hoe ónbeskryflik gróót en díép is die vrede wat deur my vloei wanneer ek alleen op 'n stil plek, my díépste heiligdom van krag, binnegaan en my Heer daar ontmoet waar Hy altyd getrou vir my wag.  Dis die lied van my siel, wat gedurende sulke heilige oomblikke saam met Hom, sovéél vrede in my hart bring. Stíl en óntspanne sit ek rustig by Sy voete in Sý heilige teenwoordigheid.
Ek is bewus daarvan dat 'n Ligkring van ál God se kinders dwarsoor die wêreld óók saam met my bid. Hand aan hand staan ons vás in gebed en ons gebede smelt saam in 'n krágtige stroom, wat ons almal so tesame skep.
Dis 'n verblíndende, hélder straal van lig wat opstyg tot God se troon, en 'n krag ten góéde opwek wat 'n mágtige, pósitiewe verandering in ons lewens én in die wêreld tot gevolg het. Uit 'n hart van liefde bid ons saam, en omvóú ons die hele wêreld met gedagtes wat líéfde en líg bring. Gedagtes wat ligbring-liefde uitstuur aan élkeen, tot redding van ons land én sy mense - tot redding van die héle mensdom en wónderwerke laat geskied.


Gebed: Dánkie Heer, dat ons te enige tyd tot U kan bid, sáám met U kinders dwarsdeur die wêreld en Ú heilige teenwoordigheid kan aanvoel. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



 





No comments: