Saturday 27 October 2018

TROOS






TROOS
uit Daelikse Woord


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes.  41:13


Wíé vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skérwe lê?  Wíé vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebréék is?  Ons Hére en ons Gód – Hý wat só sag en stil vir ons sê:   “Ek vat jou hand.”  En wanneer ons ons hand uitstrek en dit in Sýne lê, is dit Sý liefde wat so sag soos dou, die wonde héél en weer *líg* bring waar daar duisternis was.


As jy eensáám en allenig is, is Ek hier.
As jy báng is, is Ek hier.
As jy in pýn is, is Ek hier.
Ek is híér wanneer jy bid, en sélfs wanneer jy *níé* bid nie.
Ek is *ín* jou, en jy is *ín* My.
Al slaag jy níé daarin om My te vind nie, Ek sal jou *nóóit* faal nie.
Al is jou geloof in My nog só klein, My geloof in *jóú* wankel nóóit nie, want … Ék ken jou, en Ék het jou lief.
Geliefde, *híér* is Ek!


Gebed:  Híér is ek, dierbare Heer, vat my hand asseblief!  Dánkie dat U vir my, kleine mensekind, nóóit  - nie eens vir 'n óómblik aan my eie lot oorlaat nie. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







 


No comments: