Tuesday 23 October 2018

JESUS IS DIE SONSKYN IN MY SIEL






JESUS  IS  DIE  SÓNSKYN  IN  MY  SIEL
deur Daelikse Woord


Want die Here GOD is 'n son en skild.  -  Ps. 84:12 (1933 Bybel)


Daar is sónskyn in my siel vandag. Helder, skitterende sonskyn. Jésus is daardie sonskyn. Hy vul my hart met Sý lig, liefde en vreugde.
Die helder strale bring 'n warm gloed in my siel, want Jésus is my lig en my heil. Met veerligte voetstappe volg ek in Sý voetspore.
Daar is sónskyn, wónderbare sónskyn, in elke vredevolle, gelukkige oomblik op my lewenspad. Die líéfde van my Heer is *áltyd* gereed om my te lei en te help.
Ek *síén* die Christus in élke gesig, en hóór Hom in élkeen wat praat. As ek met die *oë* van Christus kyk, síén ek Hom glimlag in die gesigte van my medemens. Wanneer ek iemand sien in pyn - síén ek Hom aan die kruis vasgenael. Wanneer ek 'n kindjie spontaan sien en hoor lag - síén ek Hom elke keer wanneer iemand sy/haar hárt aan Hom oorgee. Wanneer ek haatspraak uit iemand se mond hoor - síén ek Hom langs die kruis van die man wat vir éwig verlore is, en mótiveer dit my om siele te wen vir Sy koninkryk.
Daar is blýdskap, hóóp, líéfde en lóf in my siel vandag. En die seëninge van vándag, verhelder al die dae wat nog kom!


Gebed:  Dánkie, kosbare Hemelse Vader, dat Ú sonskyn vandag ook in my siel skyn. Skyn ook vandag in élke siel wat nog donker is en veránder dit in Ú sonskyn van hóóp, líg en líéfde en maak hulle *Ú* kinders van *hóóp*, sodat U són ook deur hulle kan skyn vir hulle medemens en nóg siele vir U koninkryk sal werf. Dankie dierbare Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



 


No comments: