Friday 26 October 2018

GOD SE WÊRELD







GOD  SE  WÊRELD
uit Daelikse Woord


... U heers oor alles. In U hand is krag en mag en in U hand is dit om alles groot en sterk te maak.  -  1 Kron. 29:12 (1933 Bybel)


GOD is in bevel!  Dit geld nie alleen vir die enkeling nie maar ook vir die heelal.
GOD is in bevel!  Wát 'n gerússtellende versekering is dit nie!  Is daar 'n omstandigheid of situasie wat bo ons vuurmaakplek is, wat ons nie kan hanteer of regstel nie?  GOD is in bevel!  Hy is teenwoordig *ín* daardie omstandigheid of situasie.  Sý krag is aan die werk in die betrokke persone.  GOD is in bevel!  Sy liefde is in bevél.  Sy wysheid is in bevél.  Sy krag is in bevél.  Ons kan  *ÁLLES*  in Gods hande plaas en op Hóm vertrou om die weg vir ons aan te wys, om die oplossing vir  ons probleme te vind.
GOD is in bevel!   *DÍT*  is wat ons moet onthou wanneer ons besorgd en bekommerd is oor omstandighede in ons land en in die wêreld.  God is in bevel van Sý wêreld, al lyk dit nie vir ons altyd so nie.  Hy is aan die werk in die harte en gemoedere van mense oor die héle wêreld.  Hy lei ons op die régte paaie en bewerkstellig vrede, orde en geregtigheid vir álmal.


Gebed: Dánkie Skepper Vader van die heelal dat ons rustig kan wees in die wete dat *Ú* in bevel is van álles wat U geskep het en dat ons *níé* hoef te vrees nie, want vir U kinders wat vir *Ú* opreg lief is, *sál* alles ten goede uitwerk.  Dankie Jesus.  Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





No comments: