Friday 26 October 2018

WAAK EN BID







WAAK  EN  BID 

deur Manna uit die Woord



 “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” - MARKUS 14:38 AFR53


• Hierdie gedeelte is Oom Angus se tema vers vir "It's Time" waar 'n volk bymekaar gaan kom om te bid.
• Ons as kinders van God het die kragtigste wapen wat daar is en dit is gebed.
• Een gebed kan iemand se lewe verander, een gebed kan 'n land genees, een gebed kan jou omstandighede verander.
• Geliefde al kan jy nie self daar wees nie maak tyd die naweek en bid vir die land sy mense en sy omstandighede.
• “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”
JOSUA 1:9 AFR53



Gebed: Here ons bid vandag vir Oom Angus en sy gesin en elkeen wat betrokke is by "It's Time". Here beskerm elke persoon wat daarheen gaan die naweek om U te loof en prys en te bid vir Suid Afrika. Here ons bid vir ons land, dat U, U hand oor Suid Afrika sal uit strek en ons land genees, van die President tot die boemelaar wat op straat slaap. In Jesus naam. Amen.






.

No comments: