Wednesday 24 October 2018

VREDE






VREDE https://www.facebook.com/images/emoji.php/v9/f81/1/16/271d.png
deur Daelikse Woord


"Swyg, wees stil!" - Mark. 4:39 (1933 Bybel)


As ons gejaagd voel oor alles wat ons nog moet doen en wat ons aandag nodig het, kan ons die woorde van Jesus gebruik en vir ons gedagtes en emosies sê: "Swyg, wees stil!"  Dit sal ons help om ons aandag te vestig op kalmte en orde.
Jesus het hierdie woorde met geság gespreek om kalmte op see te bring, en ons kan dit met gesag gebruik om ons innerlike gejaagdheid te kalmeer.  Dit sal ons met vréde vul, en wanneer daar vrede in ons gemoed is, is ons oop vir God se leiding.  Ons sal weet hoe om ons tyd en ons talente op die regte manier te gebruik.
As ons die woorde, "Swyg, wees stil!" saggies vir onsself sê wanneer ons voel die spanning en gejaagdheid bou op, sal ons opnuut daarvan bewus word dat Christus in ons hart heers, en dat Hy altyd gereed is om ons te help met die nodige wysheid, krag en vrede wat ons mag nodig hê. Sý vrede en rus diep in ons, help ons om orde en harmonie in ons lewens te herstel.
Ons kyk na binne en sê: "Vrede, wees stil!", en vrede neem oor in ons lewens en in elkeen vir wie ons bid se lewens.


Gebed: "Vrede, wees stil!" Dankie Christus Jesus dat Úself Vrede in ons lewens is en waar Ú vrede in ons is, kan niks of niemand ons onrustig maak nie. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

 


No comments: