Thursday 15 November 2018

MY OPDRAG







MY  OPDRAG 
uit Daelikse Woord
                  
  
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here.  -  Kol. 3:23


Verwag ons om 'n groot én moeilike opdrag te ontvang wanneer ons bid: "Híér is ek HERE, gebruik my"?  Dis nogal 'n verassing om te ontdek dat die Here ons nodig het, nét-dáár waar ons is, besig met elke-dagse-roetine-takies.


"Híér is ek HERE, gebruik my."

Gebruik my voete om te gaan waar Ú wil hê ek moet gaan.
Gebruik my oë om te sien wat Ú wil hê ek moet sien.
Gebruik my ore om te hoor wat Ú wil hê ek moet hoor.
Gebruik my verstand sodat ek Ú gedagtes sal dink.
Gebruik my hart om Ú liefde uit te straal.
Gebruik my stem om woorde van vriendelikheid en medelye uit te spreek.
Gebruik my hande om op enige manier en op enige plek te dien soos Ú beveel.
Gebruik my om Ú te verheerlik.  Neem my lewe en laat dit U éie wees.

"Híér is ek HERE, gebruik my."


Gebed:  Dánkie Heer van my hart dat U my nodig het en kan gebruik nét soos ek is. U verlang nie van my láng gebede of hoë woorde en dramatiese vertonings wanneer ek met U praat nie, want ek is maar net gewoonweg Ú eie kind wat vir U ópreg uit my hart uit liefhet en hártswoorde uit my hart met U spreek, soms net deur 'n fluistering of  'n woordlose gebed. Soms net 'n énkele woord of twee. Dankie dat Ú my Hémelse Pappa is wat my só goed verstaan.  Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!








No comments: