Monday 3 October 2016

Al's is rustig in die hawe





Leon Ferreira (via Hester Richardson epos)


Al’s is rustig in die hawe
Net die wind wat liggies waai
Fluister saggies deur ons hare
En sê dan môre is om die draai
Met ons liefde is al’s in orde
As ons vanaand die seile vou
Maar die maan sak reeds na môre
En daar’s beloftes om te hou.
Ons rus vanaand eers hier
Maar ek hoor die diepsee roep
Terwyl ons droom
En ek weet dat teen die dagbreek
Die wind die seile sal toets op elke soom
Dis rustig oor die waters
En hier aan land beleef ons min gevaar
Want dis veilig in die hawe
Maar hoe lank is skepe daar
Kom ons volg ons hart se wense
Na ‘n ongevonde land
Hier om ons is daar geen grense
En die waarheid aan ons kant
Met doelgevulde seile
En met die sterre oor die oseaan
Vind ons rigting op Sy pyle
En seil ons hier vandaan.






No comments: