Monday 3 October 2016

DIE DEUR






DIE  DEUR


Kyk, ek staan by die deur en Ek klop.  -  Openbaring 3:20


Wanneer ons nood op sy hóógste is, is die uitkoms naby, is die spreekwoord, want *dán* hoor ons die klop aan die deur  en wánneer ons die deur oopmaak ... Wié staan daar met oë *só* vol liéfde en arms *wáwýd* oop?  Ons éie Heer en Meester – Jesus Christus!  Ons hardloop *ín* daardie oop arms in, en wónder bo wonder!  ... die las waaraan ons *só* swaar gedra het, val *nét* daar van ons skouers af!!!


Met die deur nou *wáwyd* óóp, neem die gróótse diérbare Meester van *álle* tye sy intrek in ons hárt, en vandaar af neem Hý beheer oor in ons gedágtes en heers Hy oor ons *héle* menswees. 


Nóóit weer sal die deur van ons hart toe wees nie.  Nóóit sal die Lig wat ons daar laat binnevloei het verdof nie, néé – dit sal net al hoe *hélderder* word en ons omskep in *wáre* Ambassadeurs van God met die insig en begrip om oplossings te vind vir die probleme in ons land en ons wêreld – oplossings geskoei op *ménse-déérnis*, want *liéfde* woon mos nou in ons hart!


Gebed:  Kom *bínne*, Heer!  Kom binne om in ons hárt te *blý*!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening  


 

No comments: