Tuesday 18 October 2016

My Boesemvriend





MY  BOESEMVRIEND


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  -  Kol. 1:27


Christus in ons?  Hoe héérlik hierdie grote werklikheid! Wel, as Hý dan *ín* my is, is Hy mos my Bóésemvríénd, want niemand kan nader as juis *Hý* wees nie!


Ek is van *géén* mens meer afhanklik vir my geluk nie, want *Ú* is my Bóésemvríénd, en waar Ú is, daar is vréde en rús. Wanneer ek moeg en afgemat is, dan gee U wéér vir my moed en krag en wanneer moedeloosheid dreig om oor te neem, is *Ú* die Een wat weer vir my hóóp en verwágting gee, *hóé* donker alles in my lewe ookal mag lyk!


Géén mens kan meer my gemoedstoestand beïnvloed nie, want met U *ín* my en ek in U, sing my siel van vroeg in die oggend tot laat in die nag!


U weet *presíés* wat ek nodig het – élke oomblik van elke dag – en verstaan my só goed. Dit sien ek met *Ú* boodskappe wat ek lees of wat iemand vir my sê, want dit is *Ú* Here wat deur hulle praat  of gedagtes in hul plaas, om tot my te bring. Boodskappe direk en op die man af van *Ú*!


In *álles* wat ek van nou af doen, en in áles wat my lewe aangaan, sal ek met *Ú* saamwerk. Ek sal die hande en die voete wees wat U nodig het hier rondom my, en *Ú* sal die wonderlike Léídsman wees wat ek begeer!


Dankie dierbare Here Jesus Christus hier binne-in my, hoe wonderlik die wete, my hemelse Boesemvriend wie my *nóóít* sal verlaat of sy rug op my sal draai nie!


~ Uit Daelikse Woord Verwerk ~


Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook





 




No comments: