Tuesday 18 October 2016

Die gat in jou hart








DIE  GAT  IN  JOU  HART


U is vir my ‘n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing.  – PS. 32:7


My kind,


Jongmense raak so vinnig aan iets verslaaf. Dan kan hulle nie meer normaal aangaan sonder daardie ding nie. Dit kan drank, koeldrank, sigarette, dwelmmiddels, omtrent enigiets wees. Dit hou ‘n mens se gedagtes so besig om daardie ding in die hande te kry. Jou hele lewe draai naderhand om die gesoek daarna. Maar niks vul daardie gat in jou hart nie!
Mense vertel uit ondervinding dat niemand kan sê hy of sy het beheer oor ‘n dwelm nie. Dis sommer ‘n dom argument om jouself te troos om dit weer te neem. Neem dit, en die dwelm kry beheer oor jou. In baie gevalle kan die gebruik van so ‘n middel jou persoonlikheid verander en jou gemoed deurmekaarkrap. Dié dinge wat nou na vore kom, sou nie daar wees as jy die middels uitgelos het nie. Nou is jy nie net verslaaf nie, jy sukkel nog met jouself ook!
Ek, jou hemelse Pa, wil en kan jou vrymaak dat jy nie meer hierdie middels nodig het nie. Hoe? Ek werk deur medikasie en bekwame mediese personeel. Hulle help dat jy weer skoon kom en ‘n nuwe lewenstyl aanleer. Jy kan weer die gat in jou hart vol maak – met liefde en aanvaarding.


~ Briewe van God ~


Jesus se Dogterkind Bediening / Facebook



No comments: