BESKERMING
Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? - Ps. 27:1
Waar
ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek weet my Heer is met my om
my te beskerm en te onderskraag. Ek kan
nêrens wees waar Hy nie is nie. Daar is
niks wat Hy nie kan heel nie – geen uitdaging waardeur Hy my nie veilig kan lei
nie.
Die
wete dat ek nooit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om
blymoedig voort te gaan. Hy voorsien my
van al die krag wat ek ooit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om
die regte besluite te neem en die moed en durf om dit deur te voer.
Is
ek in die diepste duisternis – my Heer is met my. Sweef ek oor die bergtoppe van suiwer geluk –
ook daar is Hy steeds met my. In my
smart en in my vreugde is Hy die troue vriend aan my sy. Hy help my om positief te bly onder alle
omstandighede, en saam met Hom word elke probleem slegs ‘n geleentheid om nog
nader aan Hom te groei.
Elke oomblik, elke uur, is Hy met
my – vir wie sou ek dan vrees?
Gebed: Die Here
is my toevlug.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment