Monday 5 May 2014





BID VIR JOU GELIEFDES


Ek het jou nog altyd liefgehad.  -  Jer. 31:3


Daar is altyd iets wat ek kan doen om my geliefdes te help en te seën en dit is om vir hulle te bid.   Wanneer ek vir my geliefdes bid, sien ek hulle as kinders van God.

Ek sien hulle omvou in Sy liefde.  God het hulle oneindig lief, en in Sy oë is hulle wonderlik en die moeite werd om lief te hê bo alles. 

In my gebede sien ek hulle sterk en vas staan in die krag van God.  Sy lewenskrag wat in en deur hulle werk en straal, heel en hernu hulle na liggaam en gees.

Ek sien Sy lig helder skyn in hulle en rondom hulle op hul lewenspad.  In hierdie helder stralende lig maak Hy hul vry van alle twyfel  en hul weet wat om te doen en hoe om op te tree te alle tye.

Dankie, hemelse Vader, vir U liefde wat my geliefdes omvou, beskerm.  Dankie vir  Ú krag wat hulle vul met moed en krag en wat hul gesond maak wanneer hul siek is. Dankie dat U u genesende Vaderhand oor hulle hou en weer versterk.

Dankie vir U lig so helder in hulle en rondom hulle wat hul tree vir tree lei op U hemelse pad van lig.


Gebed:  Seën my geliefdes Heer, met U Lig, Liefde en Krag.


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: