Friday 9 May 2014





EK  IS


Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.  -  Hand. 17:28


Ek is ‘n kind van God, wat lewe, beweeg en bestaan in Hom en deur Hom in my.  As ek Hom ken op al my weë, kan niks my aan bande lê of minder maak as wat ek is nie.

Ek is die Lig wat helder skyn in hierdie denke en aan my wysheid en insig in alles wat my en my lewe aangaan, kan almal wat my ken sien hoe Liggerig my denke is.

Ek is die Liefde wat warm klop in hierdie hart, en in my dade en my woord teenoor andere wat my lewe met my deel, kan almal sien hoe Liefdegerig my gevoelens is.

Ek is die Krag wat sterk staan in hierdie wese, en aan my vasberadenheid en doelgerigtheid in my daaglikse handel en wandel, kan almal sien hoe Krag-gerig my lewensbenadering is.

Ek kán ek ek sál elke dag van my lewe Lig, Liefde en Krag wees, want dit is hoe ek hulde bring aan my Skepper – dit is hoe ek aan andere om my wys wat my Hemelse Vader vir my beteken, dit is hoe ek mý deel doen om hiérdie aarde ‘n beter plek te maak om te leef.


Gebed:  Ek is Lig, ek is Liefde en ek is Krag deur Christus wat in my woon!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: