Monday 5 May 2014






VANDAG


Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.  -  2 Kor. 6:2


Vandag is ‘n spesiale geskenk van God aan my.  Dit is ‘n dag wat ek nog nooit beleef het nie, en wat ek nooit weer kan beleef nie.  Hierdie kosbare dag gaan ek met wysheid benader – ek gaan dit geniet en al die wondere van die wêreld om my raaksien en waardeer.  Die belangrikste is egter my tydjie saam met my Heer, en as ek dit nie afskeep nie, sal ek vind dat ek al my verpligtinge met gemak kan nakom en nog tyd gaan oorhê ook.

Op die verlede stort en al my liefde en vergifnis uit, en maak my so oop vir die seëninge van vandag.  Met my volle aandag gevestig op hierdie mooie dag, strewe ek die doelwitte na wat ek my voor oë gestel het.

Hoe waardeer ek nie elke oomblik van hierdie dag nie!  Dit wat ek moet leer, leer ek en dit wat ek moet onthou, onthou ek sonder enige inspanning.

Die belangrikste van alles is egter dat ek uitgevind het dat elke dag wat ek benader vanuit my diepste heiligdom, bydra tot ‘n gelukkige vol lewe.


Gebed:  Vandag is al my aandag op God gevestig.


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: