Thursday 8 May 2014






DIE EERSTE TREE


Die Gees wat God ons gegee, maak ons immers nie lafhartig niem maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.  -  2 Tim. 1:7


En ons kan hier byvoeg, vul ons met blydskap, moed, durf en selfvertroue – alles wat ‘n Kind van die Lig nodig het om ‘n vol en ryk lewe te kan geniet, want die Gees wat  God ons gegee het, is ons eie inwonende Christus-self!

Ons moet net die eerste tree gee om Hom te laat opstaan in ons en oorneem, en hoe meer ons hierdie Wonder-teenwoordigheid nader, hoe meer ons Hom loof en prys en dankie sê, hoe sterker word die lewenskrag wat in en deur ons werk en straal, hoe suiwerder die Lig waarin ons wandel, hoe dieper die Liefde, want dit is Hy wat in ons opstaan en stadig maar seker oorneem in ons lewens!

Sy lig sal al hoe helderder begin skyn in ons en deur ons, en ons omskep in die stralende Ligwesens wat ons is!  So vrolik soos die lied van ‘n voëltjie sal ons woorde wees, so sag en teer soos ‘n moeder teenoor haar kind sal ons aanraking wees, en so sterk soos ‘n rots sal ons staan!


Gebed:  In die wonder van U in my, staan ek sterk!



~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: