Saturday 19 July 2014





HART VOL LIEFDE


God is baie goed ... vir dié wat rein van hart is. - Ps 73:1


'n Hart vol liefde is 'n vrolike hart, 'n harmonieuse hart. 'n Hart vol liefde is 'n hart wat vrede gevind het, 'n hart in staat tot diepe vreugde en vervulling. 'n Hart vol liefde voed die liggaam, maak gesond en gee krag. 

In my gebede dink ek aan Gods onvoorwaardelike liefde vir heel Sy skepping - ook vir my. Ek maak my hart oop vir Sy liefde om dit te vul - tot oorlopens toe. Dit vloei in en deur my hele liggaam, en elke sel, orgaan en spier word daardeur nuut en skoon gemaak.

Ek maak die vensters van my hart wawyd oop, en hierdie hemelse liefde waarvan dit so vol is, vloei ook om my, om elkeen met wie ek in aanraking kom, te seën met God se ewige, kosbare en reine liefde.

Liefde bring vrede, en die vrede wat die liefde in my hart om my skep, is soos helende salf op elke rustelose siel. Gemoedere word kalmer, samewerking is moontlik, waar liefde heers. En vredeblommetjies kom in oorvloed op, omdat so baie mense geseën word met die liefde in my hart.


Gebed: My hart is vol liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: