Thursday 10 July 2014





VOL  LEWE


Ek is die lig vir die wêreld.  Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.  -  Joh. 8:12


Christus in my is krag.  Christus in my is kennis.  Christus in my is lewe.  Ek wend my tot die opgestane Christus in my vir lewe, leiding en krag.

Die krag van Sy gees het ‘n invloed op my lewe en op die mense en gebeure in my wêreld.  Die vrede van Christus vul my gemoed.  Die liefde van Christus vul my hart.  Die lewe van Christus vul my liggaam met nuwe energie.  Ek is gesond, liefdevol, sterk en vry.

Ek kan suksesvol wees in enigiets wat ek aanpak as ek Hom toelaat om in en deur my te werk.  Te alle tye, onder alle omstandighede, kan ek op my eie inwonende Christus staatmaak.  Deur my gebede elke dag beklemtoon ek my geloof in Christus.

Die Gees van die opgestane Christus omvou my wêreld.  My lewe is vol en ryk.


Gebed:  Die opgestane Christus heers in my wêreld.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: