Tuesday 1 July 2014





STAAN OP EN LOOP


Wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe.  -  Joh. 3:21


Staan op en loop, het Jesus vir die verlamde man gesê, en hy het!  Staan op en loop kom sy woorde nog net so helder en duidelik tot ons daar waar ons moeg en moedeloos langs die pad bly sit.

Die waarheid is – Hy sal nooit vir ons sê ons moet opstaan en loop as ons dit nie kan doen nie!  Hy is altyd daar vir ons – selfs bereid om ons te dra indien nodig.

Die waarheid is – in sy krag kán ons opstaan en loop.  Sy krag is ‘n krag van oorwinning wat ons oor elke struikelblok help, ongeag hoe groot die uitdaging, hoe siek of moeg of hartseer of teleurgestel of bekommerd of frustreerd of wat ons ookal mag wees.

En as ons dan opstaan en loop, is dit sy lig wat ons pad omskep in ‘n baan van lig.  Met die oë van ons siel sal ons daardie Lig sien, en ons sal daarin wandel van oorwinning tot oorwinning, met al die krag wat ons nodig het vrylik tot ons beskikking.  Met ‘n brein helder  verlig, met ‘n liefde wat alles vergewe, met ‘n krag wat tot alles in staat is binne-in ons, staan ons op en loop ons!


Gebed:  Vandag staan ek op en ek loop!


~ Uit Daelikse Woord ~








No comments: