Saturday 5 July 2014





VERLORE  SEUN


Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer!  -  Luk. 15:24


Soos die verlore seun was ek – moeg en moedeloos en haas gebroke deur die stryd so groot.  Die aanslae het my op my knieë gehad, en as dit nie was vir U stok en U staf nie, sou ek seker gebroke langs die pad bly lê het.  Maar toe kom U stok en U staf tot my redding.  Deur die diepste duisternis heen het ek geen onheil gevrees nie, want U stok en U staf was net altyd daar vir my.

En toe kom ek by U huis, moeg en vuil en moedeloos, vol wonde, en daar staan U vir my en wag!

Here, het U al die tyd geweet ek is op pad?  Was U al die tyd aan my sy om my ongesiens by te staan en te beskerm?

Huiwerig staan ek voor die deur – so vuil en bevlek, en ek wonder – wat nou?  Maar toe kyk U na my, en U oë vertel my hoe diep en hemels U liefde is.  U arms is wyd oop om my te verwelkom, en met trane in my oë stap ek binne-in U omhelsing in, binne-in U huis waar ek nou in lengte van dae kan bly!


Gebed:  Heer, vergewe my!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: